6 Oct 2011
Vanoggend tydens stap-tyd gedink oor die gedagte van:
1Th 5:16 Rejoice evermore.
1Th 5:17 Pray without ceasing.
1Th 5:18 In every thing give thanks: for this is the will of God in Christ Jesus concerning you.
Sou dit dan nie verkeerd wees as jy “trials & tribulations” vir geruime tyd in jou lewe ervaar, en dan nog moet rejoice deur daarvoor te moet dankie sê nie?
Maak jy nie dalk van jou hart ‘n moordkuil in die proses nie?
Is dit nie dan ‘n leun en ‘n valsheid wat jy verkondig nie?
Toe kom die stil stem van die Heilge Gees en fluister sagkens die skrif-woorde in my gedagtes in:
Cast all your cares on Him ….
Ek gaan slaan toe na … die woorde kom voor in die KJV as volg:
1Pe 5:6 Humble yourselves therefore under the mighty hand of God, that he may exalt you in due time:
1Pe 5:7 Casting all your care upon him; for he careth for you.
Ons het tog so ‘n probleem om “humble” te wees.
Worstel eerder self met ons eie wil, deur en al hoe dieper in, in ons probleme in.
Die eie ek wat altyd dink hy kan en moet … dis soos ons mos van kleinsaf geleer is dat ‘n mens moet optree, werk, doen, terugbaklei, eie plek volstaan, eie dinge doen, buig of bars, verkieslik sonder om ‘n traan te stort in die proses (cowboys don’t cry) ensomeer. Daar is selfs daai humoristiese maar tog ook so ‘n paslike liedjie van vroër jare wat iets sê van “… O Lord it’s hard to be humble … but I’m doing the best that I can …” Nou moet mens DIT ook nog uit jou kop “uit-kry”. Maar by hierdie skrif gaan dit om humble te wees onder die mighty hand of God … en dit is ‘n voorreg … ook die feit dat Hy jou sal exalt op die regte tyd …
Selfs Jesus was humble, en het slegs gespreek wat sy Vader gespreek het en gedoen wat hy sy Vader sien doen het … en ook het Hy gely … onverdiend … van druppels bloed sweet, onherkenbaar gegesel, tot die dood aan die kruis …
Maar kyk hoe is hy ge-exalt / verhef / verhoog … aan die kruis en daarna, na sy opstanding. Ook is alles onder Sy voete geplaas … en sit Hy nou op die troon langs die lewende God, Sy Vader, aan wie Hy dan ook alles eendag sal oorhandig.
Wie is ek dan om nie te wil humble wees teenoor God nie!?
Of dalk is die probleem eerder: “Hoe doen mens dit?”
Kom ons kyk bietjie vanuit ‘n ander hoek uit:
Dit is eintlik ‘n groot voorreg en losmaking om dit te kan doen en nog meer, ‘n vrymaking van jou probleme deur hulle aan ‘n betroubare Vader te kan oorgee …
wetende dat hy nie net reeds daarvan weet nie, maar dat hy heeltyd met jou is, saam met jou, by jou is en dat Hy vir jou omgee en jou nooit sal verlaat nie (Dus die heeltyd baie baie goed op hoogte deurentyds, met al jou daaglikse omstandighede).
En toe kom ook die ander skrif-woord deur na my vanaf ‘n preek op TV van die 24ste Sept 2011 wat ek gehoor het, wat die volgende stelling maak:
Wanneer ons te doen het met die eise van die wêreldse lewe, dan ondervind on probleme, computers wat crash, en ander druk soos gesondheid, te vet of te maar, deadlines, werksomstandighede, familie probleme, geld-probleme, familie-sonder-geld-probleme ensomeer.
Dit het alles een doel voor oë, en dit is om jou vrede van jou te verwyder!
Maar wanneer jy jou vertroue op God stel, dan word die trials & tribulations werkstukke waardeur jy kan groei deur dit in geloof aan God oor te gee en Hom te vertrou daarmee.
So word jy dan ook gevorm en ge-hervorm deur hierdie druk-fases van die lewe om al hoe meer op Hom te vertrou en alhoemeer te groei in geloof en vertroue en om deurentyds in Sy vrede in te kan beweeg.
Rom 5:3 And not only so, but we glory in tribulations also: knowing that tribulation worketh patience;
Rom 5:4 And patience, experience; and experience, hope:
Rom 5:5 And hope maketh not ashamed; because the love of God is shed abroad in our hearts by the Holy Ghost which is given unto us.
Jy leer dus om al hoe meer humble voor Hom te wees en al hoe makliker en met meer vertroue jou cares aan Hom oor te gee, en al hoe meer op hom te vertrou.
So word jy geslyp totdat die finale sprankelende produk as ‘n diamant verskyn onder God se magtige hand.
Daarom kan ons nou, toegerus met hierdie kennis en hierdie wete:
1Th 5:16 Rejoice evermore.
Onder all verdrukking bly wees … want dit vorm en slyp my deur dit oor te gee aan God
1Th 5:17 Pray without ceasing.
Gesels met God, praat, (bid / kommunikeer) waartydens ek nie net oor dit praat wat pla nie, (my “daily-wish-list”) maar ook oor die wonderlike dinge wat ek sien en aanvaar in sy skepping elke dag … asook die wonderlike wat hy alreeds vir my in my lewe gedoen het ook.
Pro 3:6 In all thy ways acknowledge him, and he shall direct thy paths.
1Th 5:18 In every thing give thanks: for this is the will of God in Christ Jesus concerning you.
My in alles verheug, die goeie en dit wat oënskynlik nie so goed lyk nie, maar wat ek nogtans nou oor seker is dat dit alles deur Hom gebruik word om volgens Sy wil my alhoemeer te hervorm om al hoe meer aan sy Seun (Jesus Christus) gelyk te word, waar Hy sit langs die Vader op sy troon – dit is alles net ten goede vir my
So gaan God ons dan ook exalt op Sy tyd.
Isa 26:3 Thou wilt keep him in perfect peace, whose mind is stayed on thee: because he trusteth in thee.
Wat ’n wonderlike belofte en voorreg en seën is dit nie!
Iets, om met rede oor Bly te wees, om oor te kan Praat met God, en om oor te kan juig en dankie te sê vir Hom!